Eienaar van Ohio-dieretuin het selfmoord gepleeg
2011-10-21 17:03
Zanesville – Die eienaar van ‘n dieretuin waar talle eksotiese diere vrygelaat is, het homself doodgeskiet, het die plaaslike polisie bevestig.
‘n Nadoodse ondersoek toon dat Terry Thompson kort ná sy dood deur een van sy diere – vermoedelik ‘n tier – gebyt is, het die BBC berig.
Meer as 50 diere – waaronder leeus, tiere, wolwe en bere – is doodgeskiet nadat hulle op ‘n plaas in Zanesville in die Amerikaanse staat Ohio vrygelaat is.
Ses diere – drie luiperds, een beer en twee ape – is gevang en na ‘n nabygeleë dieretuin geneem.
Danielle White, ‘n buurvrou van Thompson, sê die eienaar van die dieretuin het regsprobleme gehad.
Inwoners van die Zanesville-omgewing het Woensdag beangs binnenshuis gebly nadat die gevaarlike roofdiere vrygelaat het.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter