Eienaar van Costa Concordia hof toe gesleep
2012-01-17 15:00
Rome – Meer as 70 passasiers van die luukse skip Costa Concordia wat aan die kus van Italië gestrand het, het by ‘n klasaksie teen die eienaar aangesluit, het die verbruikersregte-vereniging Codacons gesê.
“Meer as 70 passasiers wat aan boord die skip was, het aangesluit by die klasaksie wat ons vereniging geïnisieer het,” het Carlo Rienzi, hoof van Codacons, in ‘n verklaring gesê.
Die passasierskip het Vrydagaand omstreeks 19:00 uit Civitavecchia in Italië vertrek en het omstreeks 21:45 by die eiland Giglio ’n rots of koraalrif getref.
Die ramp het sewe mense se lewens geëis.
Plaaslike beamptes sê 28 mense word steeds vermis.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP