Ehud Barak wil Jerusalem opdeel
2010-09-02 02:30
Ehud Barak, Israeliese minister van verdediging, het voorgestel dat dele van Israel aan die Palestyne oorhandig moet word.
Hy het dié voorstel tydens ‘n onderhoud vroeër die week gemaak.
Die Midde Ooste staan, weereens, op die drumpel van nuwe vredesonderhandelinge.
Volgens Barak, moet Wes Jerusalem en 12 Joodse “buurtes" in die Arabiese, oostelike deel van Jerusalem, onder Israeliese beheer bly..
“Die Arabiese buurtes, waar daar meer as ‘n kwart miljoen Palestyne woon, sal dan die Palestyne s'n wees,” het Ehud Barad gesê.
Sy voorstel stem egter hoegenaamd nie met die standpunt wat Benjamin Netanyahu, die premier van Israel, tot dusver onderskry nie.
Netanyahu het in die verlede daarop aangedring dat Jerusalem “vir ewig” die onverdeelde hoofstad van Israel sal wees.
Netanyahu en die Palestynse president, Mahmud Abbas, begin ‘n nuwe rondte vredesonderhandelinge in Washington die week.
Volg Nuus24 op Twitter.