Egpaar trou op seun se begrafnis
2009-09-08 21:22
Buffalo, New York – Die ouers van ‘n sewejarige seun wat tydens ‘n motorongeluk in New York gesterf het, het sy laaste wens vervul deur op sy begrafnis te trou.
Amilcar Hill en Rahwa Ghirmatizion het Maandag tydens die begrafnisdiens van hulle seun, Asa Hill, getrou. Asa het slegs ‘n week nadat sy oupa ook in ‘n botsing betrokke was, gesterf.
Honderde roubeklaers was verbaas toe die egpaar bekend gemaak het dat hulle by hulle seun se begrafnis gaan trou. Hy wou glo nog altyd hê dat hulle trou.
Volgens Amilcar Hill word Asa se organe geskenk word sodat ander jong mense ‘n kans op lewe kan hê.
- AP