Egipte wil 'Cleopatra se naald' terughê
2011-07-07 19:08
Kaïro – Egipte is hoogs ontevrede oor die toestand van
‘n obelisk van 3 500 jaar oud wat hulle in 1881 aan die VSA geskenk het.
Die obelisk is aan die VSA geskenk ter
herdenking van die opening van die Suez-kanaal.
Die minister van die Egiptiese hoofraad vir
oudhede het ‘n verslag geskryf waarin hy sê dat New York die obelisk verrinneweer.
Die hiërogliewe raak al dowwer en die suurreën
in New York is besig om Cleopatra se Naald te verwoes.
Hy het gedreig om stappe te neem om die
obelisk aan Egipte terug te besorg.
Intussen het die New York Times berig dat New
York se parkeraad met ‘n studie begin het om die effek van die weer op die
obelisk te toets.
Volg Nuus24 op Twitter.