Eerste vreedsame betoging in Jemen sedert Januarie
2011-10-27 21:13
Sanaa – Sekuriteitsmagte het sonder enige inmenging ‘n massa-protesoptog teen die huidige regime
in Jemen toegelaat.
Sedert betogings teen president Ali Abdullah
Saleh se regime in Januarie begin het, is optogte elke keer met geweld
teengesit.
Die betogers het vanaf Change Square buite die
Universiteit van Sanaa na Al-Zubairi-laan in sentraal-Sanaa opgetrek.
Die Universiteit van Sanaa het die middelpunt
van protesaksies teen die huidige regime geword.
Die afgelope paar maande het sekuriteitsmagte
elke keer wat betogers na die middestad wou marsjeer, op hulle begin skiet.
Dié keer het sekuriteitsmagte, onder leiding
van president Ali Abdullah Saleh se nefie Yehya, die protesoptog ongesteurd laat
voortgaan.
“Bevry die mense van die wêreld, Saleh moet
tot geregtigheid gebring word,” het die betogers op pad na die
middestad geskree.
Die leier is deur betogers as ‘n “oorlogmisdadiger”
beskryf.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP