Een van geskeide Siamese tweeling sterf
2010-04-13 04:38
Sao Paulo – Een van die Siamese tweeling wat verlede maand tydens ‘n komplekse operasie van haar suster geskei is, het doodgegaan.
Volgens Zacharias Calil, die eenjarige tweeling se pediatriese chirurg, is Maria Luiza dood aangesien haar herstelling ná die operasie nie goed gegaan nie.
Die ander tweeling, Maria Luana, “doen beter by die dag” en benodig nie meer dialise nie, het hy verduidelik.
Die twee meisies was by die torso en heup aanmekaar geheg en het drie bene gedeel.
Hulle is op 30 Maart geskei tydens ‘n operasie wat 14 ure geduur het, 40 mediese personeel bevat het en $600 000 (sowat R4,5 miljoen) gekos het.
- Sapa-AFP