Een sterf in ontploffing by Franse kernaanleg
2011-09-13 09:00
Parys – Een mens is dood en vier beseer in ’n ontploffing in ’n kernkragaanleg in Marcoule, Suid-Frankryk, het die Franse atoomveiligheidsorganisasie bekend gemaak.
Die ontploffing het gebeur in ’n verbrandingsoond waarin kernafval verwerk word.
Die radioaktiewe materiaal het nie gelek nie, het die atoomveiligheidsorganisasie en ’n woordvoerder van die EDF-elektrisiteitsmaatskappy, wat die aanleg bedryf, gesê.
Die oorsaak van Maandag se ontploffing is onbekend.
Die groot Marcoule-terrein, sowat 30 km noord van Avignon, het verskeie klein reaktors wat almal buite diens gestel is.
Frankryk kry 75% van sy kernkrag van 58 kernreaktors. – Sapa-DPA
Volg Nuus24 op Twitter.
- Beeld