Een sterf, 50 gewond in Bangkok-aanvalle
2010-04-22 20:21
Bangkok – ’n Reeks granaataanvalle het Donderdag sentraal-Bankok geruk en een lewe geëis.
Sowat 50 mense, waaronder buitelanders is gedurende gewelddadige botsings tussen vyandige betogers gewond.
Vyf granaatwerpers het tussen skare in die besigheidsektor van die hoofstad ontplof, het Sunsern Kaewkumnerd, ‘n woordvoerder van die weermag gesê.
Regering-betogers het teen vyandige anti-regering betogers, beter bekend as die “Red Shirts” te staan gekom.
Een vrou van Thailand het in ‘n plaaslike hospitaal aan haar wonde beswyk.
Die premier, Abhisit Vejjajiva het kort na die voorval ‘n noodvergadering met sekuriteitsamptenare geloods.
Ambulanse is na die toneel ontbied om talle bebloede slagoffers te hulp te snel.
Minstens een buitelander is gewond, het die regering gesê.
Die polisie het die toneel afgesper en ‘n ondersoek van stapel gestuur.
-Sapa-AFP