Een dood, vier vasgevang ná gebou ineenstort
2011-01-19 22:00
Sanaa - Een persoon is dood en vier sit steeds vas in die bourommel van ‘n woonstelblok wat Woensdag in die hoofstad van Jemen ineengestort het.
Vier mense kon gered word, het reddingswerkers gesê.
Die gebou se eienaar, sy dogter en sy kleindogter tel onder dié wat gered kon word uit die puin van die vyfverdieping-gebou, wat teen sonsopkoms ineengestort het.
Die 12-jarige kleindogter is ernstig beseer en het ‘n been verloor.
Reddingswerkers het later ‘n man met ligte beserings uit die puin gehaal. Al vier oorlewendes is in die hospitaal opgeneem.
Minstens een van dié wat steeds vassit, het daarin geslaag om ‘n oproep met sy selfoon te maak.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP