EU-hulp kom, maar Grieke woedend oor belasting

2010-05-09 07:22
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - ’n Verligte Griekse eerste minister, George Papandreou, het gesê Europa sal binne dae miljarde euros aan Griekeland stuur om dié land met sy skuldkrisis te help.

“In die volgende paar dae sal Griekeland die eerste deel van die €110 miljard (R1 100 miljard) van die Europese Unie en die Internasionale Monetêre Fonds ontvang,” het hy gesê ná ’n laatnag noodvergadering tussen Europese leiers.
“Dit sal ons help om ons (spaarsamigheids-) programme te implementeer.”

Dié programme is ’n driejaarplan deur die Griekse regering om onder meer pensioenfondse te sny en belasting drasties te verhoog.

Griekse burgers het woedend op dié nuus gereageer. Meer as 100 000 mense het Woensdag deur die strate van Athene gemars om teen dié verwikkelinge te betoog. Heelwat betogers het van die skare weggebreek en die parlement probeer bestorm terwyl hulle “Diewe! Verraaiers!” geskree het.

’n Man en twee vroue, van wie een swanger was, is dood toe hulle vasgekeer is in ’n bank wat aan die brand gesteek is. Griekse bankwerkers het Donderdag van die werk af weggebly om teen dié sterftes te betoog. Altesame 41 mense is beseer en 70 betogers is aangehou.

Vrese bestaan dat nóg miljarde euros beskikbaar gemaak sal moet word vir Europese lande met soortgelyke probleme, met Spanje, Portugal, Ierland en Italië wat almal onder druk is.

- Sapa - AFP

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.