EU druk Griekeland na regering van eenheid

2011-11-07 07:01
Tweets Share Share line Print

Parys. – Die Europese Unie (EU) het Sondag groter druk op Griekeland uitgeoefen om vinnig ’n regering van nasionale eenheid tot stand te bring wat die EU se reddingsplan vir die land kan instel.

Olli Rehn, die EU se kommissaris vir ekonomiese en monetêre sake, het aan Reuters gesê die EU is daarvan oortuig dat ’n regering van nasionale eenheid ’n “oortuigende stap sal wees om vertroue in Griekeland te herstel”.

Griekeland het verlede week die vertroue van sy EU-vennote geskend deur onverwags aan te kondig dat hy ’n referendum gaan hou oor die nuutste Europese hulppakket.

Dit het die land se voortgesette deelname aan die eurogebied in die gedrang geplaas. Intussen het die Griekse regering teruggekap en die referendum gaan nou nie meer gehou word nie.

“Werk is in Athene gedoen om daardie vertroue te herstel en ons het môre (Maandag) ’n oortuigende verslag aan die eurogroep nodig van die minister van finansies, ( Evangelos) Venizelos, het Rehn gesê.

Die ministers van finansies van die 17 lidlande van die eurogebied vergader vandag in Brussel.

Gister het die Griekse konserwatiewe opposisieleier, mnr. Antonis Samaras, geëis dat die sosialistiese premier, mnr. George Papandreou, bedank voordat hy bereid sal wees om oor ’n oorgangsregering te praat.

Rehn het egter gesê dis noodsaaklik dat die huidige parlement die nuwe reddingsplan bekragtig en die stappe daarin uiteengesit, instel sodat Griekeland die volgende uitbetaling ingevolge die reddingsplan kan ontvang.

Die Griekse regering het gesê sonder hulp sal sy geld teen middel Desember opdroog.

Intussen het Danny Alexander, ’n hoë amptenaar in die Britse tesourie, gesê die skuldkrisis in die eurogebied ondermyn sakevertroue in Brittanje.

“Uiteraard is die situasie in die eurogebied baie ernstig. Dit beïnvloed sakevertroue hier,” het hy Sondag aan die BBC gesê.

“Altesame drie miljoen poste in die Verenigde Koninkryk is afhanklik van ons handel met die Europese Unie, en daardie mense en ondernemings word deur die onsekerheid geraak.”

Reuters berig uit Beijing dat Yang Jiechi, China se minister van buitelandse sake, gesê het China vertrou dat Europa sy probleme sal uitpluis. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: griekeland

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.