EU: Verbod op wapenhandel met Sirië ingestel
2011-05-09 22:52
Kaapstad – Die Europese Unie het besluit om ‘n verbod op
wapenhandel met President Bashar al-Assad se bewind in Syrië van krag te maak, berig Sky News.
Die besluit volg op die militêre aanslag op
anti-regering betogers.
Volgens menseregte-aktiviste is honderde
mense in Banias deur soldate in hegtenis geneem.
Die soldate het blykbaar met tenks die stad ingevaar
en daar was berigte van geweerskote in twee areas in die stad.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.