Dwelmsmokkelaars uitgevang toe boot breek
2011-08-30 21:57
Madrid – Die Spaanse polisie het op ‘n ton hasjisj
beslag gelê ná die dwelmsmokkelaars die kuswag moes bel om hulle te kom red.
Agt
mense wat vermoedelik deel was van die operasie, is in hegtenis geneem.
Die smokkelaars het die hasjisj in geheime
kompartemente in hul boot versteek.
Sowat 20 seemyle van die suidoostelike
provinsie van Murcia het die boot se enjin ingegee, het die polisie in ‘n
verklaring gesê.
Die drie dwelmsmokkelaars aan boord was
genoodsaak om die kuswag te bel en die boot is na die hawe van Cartagena gesleep.
By die hawe aangekom, is die drie
dwelmsmokkelaars in die boot sowel as twee ander wat hulle ingewag het, in
hegtenis geneem.
‘n Verdere drie mense wat by die dwelmsmokkelary
betrokke was, is later in Caragena en Alicante in hegtenis geneem.
Die polisie hou dié dwelmsmokkelaars al ‘n
geruime tyd dop, het die verklaring gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP