Dwelmsmokkelaars in Iran gehang
2011-06-01 13:19
Tehran – Iran het Woensdag vier veroordeelde dwelmsmokkelaars in ‘n tronk in die suidelike stad Kerman gehang, het die provinsie se departement van justisie op sy webwerf gesê.
Die beskuldigdes is as Esmaeel G., Hossein N., Hasan Q., en Hasan K. geïdentifiseer, maar geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.
Die nuutste voorval bring die getal teregstellings wat volgens ‘n telling deur die nuusagentskap AFP tot dusver in 2011 in Iran aangeteken is, tot 149.
Volg Nuus24 op Twitter