Dwelms in man se maag gevind
2009-08-20 12:46
lNepal – ‘n Vermeende dwelmmuil is in Italië in hegtenis geneem nadat hy 84 sakkies kokaïne in klein latex-sakkies in sy maag versteek het.
Die man is van Nigeriese afkoms.
Die polisie het agterdogtig begin raak nadat die 24-jarige man, wat by die Capodichino-lughawe vanaf Amsterdam aangekom het, senuweeagtig begin raak het.
Ná talle dosisse lakseermiddel in die man se bagasie gevind is, het die polisie hom na ‘n Nepalse hospitaal geneem.
X-strale is by die hospitaal geneem en 84 pakkies van 1,15 kg kokaïne elk is in sy maag gevind.
Dié dwelms is sowat €100,000 (sowat R1 miljoen) werd.
In ‘n ander voorval is 14 Surinamers in hegtenis geneem nadat 55 kg kokaïne in hul besit gevind is.
Dié mense wou glo dié dwelms vanaf Suid-Amerika na Europa deur Rome se Fiumicino-lughawe smokkel.
– Sapa-dpa