Dwelmhandelaars smokkel kokaïen in duikbote
2011-07-20 22:29
New York – Die Hondurese vloot het onlangs ‘n duikboot met vier ton kokaïen aan boord onder die waters aan die kus van Sentraal Amerika gevind.
Die dwelmhandelaars het nou glo ‘n hele vloot duikbote tot hul beskikking.
Hulle gebruik glo die duikbote om kokaïen uit lande soos Colombia en Peru uit te voer na verspreiders in Mexiko en Afrika, vanwaar die dwelms na gesogte markte in Amerika en Europa gesmokkel word.
Kenners is verstom oor die tegniese vernuf agter die duikbote se ontwerp en vakmanskap.
“Met so 'n duikboot sal dit slegs agt of nege dae neem om van Colombia tot in Mexiko te reis en hulle kan heeltyd onder water bly,” het die Colombiaanse vlootlid Jairo Erazo gesê.
Die bote is glo spesifiek vir dwelmhandel gebou.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.