Dwelm-verwante skietery in Mexikaanse kroeg
2009-11-04 22:14
Mexiko - Gewapende mans het ‘n kroeg bestorm en ses mense doodgeskiet in Ciudad Juarez , Mexiko se vername grens-dorp.
Dertien ander is deur die loop van die aand in die staat van Chihuahua doodgemaak.
Na vermoede is die moorde dwelm-verwant.
Omtrent 14 000 mense is al sedert 2006 dood weens dwelm-oorloë in die area.
‘n Groep gemaskerde mans het die Ciudad Juarez kroeg binnegegaan en ses mans uit die kroeg uit probeer kry voor hulle begin skiet het.
Drie ander wat by ‘n tafel gesit het, is beseer.
Ses van die dertien mense wat doodgemaak is deur die loop van die aand was in die bergagtige Tarahumara distrik.
Een van hulle was ‘n vrou.
Vyf mense is in Ciudad Juarez doodgemaak, die geweldadigste stad in Mexiko waar daar al 2 000 mense die jaar doodgemaak is.
Dit is ten spyte van die 8 500 troepe wat die land se president in dié stad gestasioneer het.
- Sapa