Duurste boek ter wêreld word verkoop
2010-09-10 00:21
Londen - 'n Britse veilingshuis gaan 'n werk van natuurgeskiedenis wat as een van die duurste boeke ter wêreld bestempel word, verkoop.
Een van slegs meer as 100 oorblywende eksemplare van John James Audubon se vroeë 19de eeu Birds of America is
tussen £4 miljoen (sowat R44 miljoen) en £6 miljoen (sowat R66 miljoen) werd, terwyl 'n seldsame eerste uitgawe van Shakespeare-toneelstukke van 1623 vir nagenoeg £1 miljoen (sowat R11 miljoen) verkoop gaan word.
David Goldthorpe, Sotheby's se boekkenner, het Donderdag gesê die een boek is die duurste ter wêreld en die ander een die belangrikste.
Albei die boeke is uit 'n versameling van die tweede Baron Hesketh, 'n aristokratiese boekversamelaar.
Die verkope sal op 7 Desember gehou word.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP