Duitsers vereer man wat Hitler wou doodmaak
2011-11-08 17:51
Berlyn – Die Duitser wat ‘n onsuksesvolle poging
aangewend het om Adolf Hitler te vermoor, is met ‘n monument vereer.
Amptenare het die monument ter ere van Georg
Elser in Berlyn ingehuldig.
Elser
het op 8 November 1939 'n tuisgemaakte tydbom in ‘n bierhuis in Berlyn geplant.
Hitler het egter kort voor die ontploffing
die bierhuis verlaat.
Verskeie mense, meestal lede van die
Nazi-party, is in die ontploffing dood.
Die Nazi’s het Elser in hegtenis geneem en hy is
in 1945 in ‘n konsentrasiekamp vermoor.
Die monument ter ere van Elser is in
Wilhelmstrasse in die middestad van Berlyn, waar die meeste van die Nazi-kantore
geleë was, opgerig.
Die ligging van die monument is simbolies van
die feit dat Duitsers meer agting vir Georg Elser as vir Adolf Hitler het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA