Duitser in Australië vermis
2009-08-07 11:12
Sidney - Die ouers van ‘n Duitse reisiger, wat vir ‘n week lank al in Australië vermis is, het op televisie gevra om hulp met hulle soektog.
Jan-Christian Bielenberg (20) is sowat 'n week laas gesien, toe hy sy hotel kamer in Bunbury op 30 Julie verlaat het ná hy agtergekom het dat hy homself uit die kamer uitgesluit het.
"Hy het nie al sy klere of sy paspoort by hom nie en ons is baie bekommerd”, het sy ouers, Wilhelm en Ursula Bielenberg , aan die AAP-nuusagentskap gesê.
Volgens die polisie het Bielenberg 'n paar ure voor sy verdwyning met sy familie kontak gemaak en is geen ontrekkings vanuit sy bankrekening gemaak sedert hy vermis is nie.
Hy sou op 13 Augustus terugkeer na Duitsland, maar het voor sy verdwyning aan sy familie gesê hy oorweeg dit om sy besoek aan Australië te verleng.
-Sapa