Duitser aangehou oor moorde deur Neo-Nazi's
2011-11-14 21:00
Berlyn – ‘n Duitse man wat daarvan verdink word dat hy ‘n lid van ‘n Neo-Nazi-bende is wat 10 mense oor die afgelope dekade vermoor het, is in hegtenis geneem, berig Sky News.
Die 37-jarige man, slegs bekend as Holger G, was na bewering direk daarby betrokke om die bende te help met die moord op agt Turke, een Griek en ‘n polisievrou.
Die mees onlangse inhegtenisnemings kom nadat ‘n 36-jarige vrou, slegs bekend as Beate Z, haarself verlede week aan die polisie oorhandig het. Sy het vermoedelik die bende gestig.
Sy het tot dusver geweier om uit te brei oor die groep se lang geskiedenis, maar word aangekla van moord, poging tot moord, brandstigting en lidmaatskap van ‘n terroriste-organisasie.
Lees meer by Sky News.