'Suurlemoen-dokter' kry 4 jaar tronkstraf
2011-03-28 16:56
Moenchengladbach - ‘n Duitse dokter wat sy eie hospitaal bestuur het, het Maandag vier jaar tronkstraf gekry nadat hy 25 pasiënte benadeel het met sy eksentrieke prosedures wat ingesluit het om chirurgiese wonde met suurlemoensap te ontsmet.
Arnold Pier is in Moenchengladbach skuldig bevind op twee aanklagtes van aanranding wat dood veroorsaak het, twee aanklagte van moord deur nalatigheid en 21 aanklagtes van aanranding.
Getuienisse het in die hof gesê dat in plaas daarvan om steriele verbande en antibakteriese middels te gebruik, het Pier sy private hospitaal personeel beveel om suurlemoensap in ‘n bak uit te druk en het hy die sap op sy pasiënte se wonde gesit.
In ander gevalle het Pier deurmekaar geraak en pasiënte se gesonde organe verwyder in plaas van die sieklike organe.
As gevolg van wanpraktyke het die hof hom ook vir vier jaar van die Duitse lys van dokters verwyder.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA