Duitse stappers se lyke gevind
2011-09-06 14:42
Kaboel – Die lyke van Duitse stappers wat twee weke lank in Afganistan vermis was, is gevind, het ‘n beampte gesê.
Roshana Khalid, woordvoerder vir die goewerneur van die Parwan-provinsie, sê die twee lyke is in die berge gevind waar die slagoffers gestap het.
Sy sê die lyke is in sakke gevind.
Die amptelike oorsaak van hul dood is nog nie vasgestel nie.
Die goewerneur van die provinsie sê die twee stappers is waarskynlik deur nomadiese mense vir hul geld en besittings geskiet.
Die stappers het meer as twee weke gelede in die berge vermis geraak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA