Duitse polisie sluit moskee in Hamburg

2010-08-10 09:40
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Den Haag – Die Duitse polisie het Maandagoggend vroeg – in die sterkste optrede teen Moslem-radikale sedert 9/11 – ’n klopjag op die groot Taiba-moskee in die woonbuurt Sankt Georg in Hamburg uitgevoer en enige verdere religieuse verrigtinge in die gebou verbied.

Die Duits-Arabiese “kultuurvereniging” Taiba is terselfdertyd verbied.

’n Groep van sowat 20 polisiebeamptes het die moskee se slot omstreeks 06:00 oopgebreek en die gebou binnegegaan.

Rekenaars, boeke en dokumente is gekonfiskeer.

Daar word vermoed voornemende terroriste het die moskee as ’n vergaderplek gebruik.

Die Bundesverfassungsdienst, die Duitse intelligensiediens, het die moskee jare lank dopgehou en vermoedelik ook geïnfiltreer, word berig.

Die moskee het vroeër as die Al-Koeds-moskee bekend gestaan.

Dit was die plek waar verskeie terroriste wat by die 9/11-aanvalle betrokke was, geradikaliseer geraak het.

Onder hulle was Mohammed Atta, Ziad Jarrah en Ramzi Binalsjibh.

Daarna het gematigde Moslemleiers groot moeite gedoen om dié radikale erfenis uit te wis.

In die proses het Taiba, ’n Duitse Moslem-organisasie, dit oorgeneem.

Blykbaar het ekstremiste mettertyd weer die leiding in Taiba oorgeneem, en die Duitse regering het dit Maandag verbied.

Die owerheid het al in Maart verlede jaar ’n groep van 11 Taiba-aanhangers – wat na Pakistan gereis het om daar terreuropleiding te ontvang – dopgehou.

Dit het uiteindelik tot Maandag se klopjag gelei – asook die eerste keer dat ’n moskee in dié land finaal gesluit word.

- Die Burger

Lees meer oor: duitsland  |  islam

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.