Duitse man verwek agt kinders by stiefdogter
2011-02-10 22:00
Koblenz (Duitsland) - ‘n 48-jarige man verskyn volgende week in die hof nadat hy daarvan aangekla is dat hy agt kinders by sy stiefdogter verwek het, sy biologiese dogter mishandel het en albei gedwing het om prostitute te word, het een van die slagoffers se prokureur gesê.
Die man, wat sedert Augustus 2010 aangehou word, word ook daarvan beskuldig dat hy sy stiefseun mishandel het, het Katharina Hellwig, ‘n prokureur, gesê.
Die familie het in Fluterschen, ‘n dorp met sowat 750 inwoners, gewoon.
Die polisie het die man in hegtenis geneem nadat die 28-jarige stiefdogter ‘n selfmoordbrief gevind het wat die 18-jarige dogter geskryf het en dit na maatskaplike werkers gestuur het.
Die verdagte is getroud met die ma van die 28-jarige dogter, het Hellwig gesê. Die man het haar en twee seuns uit sy vrou se vorige huwelik aangeneem.
Die paartjie het ook twee kinders van hul eie, wat die 28-jarige dogter insluit.
Volgens die polisie het die werklose man haar en twee van sy stiefkinders tussen 1987 en 2010 mishandel. Die dogter en stiefdogter is glo ook gedwing om met ander mans seks te hê in ruil vir geld.
Die agt kinders is na bewering tussen 1999 en 2009 by sy stiefdogter verwek.
Buiten die eerste kind, wat kort ná sy geboorte dood is, het al die kinders in ‘n nabygeleë gemeenskap skoolgegaan, het Hellwig gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA