Duitse biskoppe toon berou oor mishandeling
2011-03-14 23:00
Berlyn - Duitsland se Rooms-Katolieke biskoppe sê hulle is “diep beskaamd” oor die mishandeling van jong kinders deur heiliges en die kerk se onvermoë om die skuldiges aanspreeklik te hou.
Die land se biskoppe het, in ‘n simboliese gebaar, Maandag gekniel en God om vergifnis gevra aan die begin van hul jaarlikse vergadering in die westelike stad Paderborn.
Die hoof van die Duitse Konferensie van Biskoppe, Robert Zollitsch, het in sy gebed gesê mans van die kerk het jong kinders mishandel en hul lewens beskadig.
Duitsland, die tuiste van Pous Benedictus XVI, is een van verskeie lande wat verlede jaar deur ‘n vlaag aantygings van mishandeling deur heiliges getref is.
Die Konferensie het verlede maand gesê daar word beplan om tot 5 000 euros (sowat R47 000) te betaal aan dié wat deur heiliges of kerkbeamptes mishandel is toe hulle minderjarig was.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP