Duisende reeds dood in Sirië
2011-12-14 09:30
New York – Nagenoeg 5 000 mense is reeds dood in die Siriese regering se onderdrukking van betogers, het die Verenigde Nasies (VN) se hoof van menseregte, Navi Pillay, Dinsdag aan die VN se Veiligheidsraad gesê.
Meer as 14 000 mense word aangehou en meer as 12 000 het na buurlande gevlug, aldus Pillay.
Die VN het inligting ontvang dat meer as 200 mense sedert 2 Desember doodgemaak is deur pres. Bashar al-Assad se magte. Pillay skat die getal mense wat omgekom het sedert die betogings vroeër vanjaar begin het nader nou 5 000.
Rusland en China het ’n resolusie oor die Siriese krisis in Oktober geveto.
– Sapa-AFP
- Volksblad