Duisende betoog teen verbranding van Koran
2010-09-10 12:00
Talooqan, Afganistan - Duisende Afgane het Vrydag in die noordooste van Afganistan teen Amerika betoog.
Dít is die grootste betoging sedert 'n klein Amerikaanse kerk sy planne aangekondig het om eksemplare van die Koran te verbrand, het 'n Afgaanse beampte gesê.
Ná spesiale Eid-gebede om die einde van Ramadaan te vier, het die skare van sowat 10 000 Moslems uit moskee's na die strate in Badachsjan geborrel.
Daar was geen tekens van geweld of ontwrigting nie, het die woordvoerder gesê.
Die leraar van die klein kerk het gesê die plan om eksemplare van die Koran te verbrand is vir eers gestaak ná dié plan regoor die wêreld veroordeel is.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters