Duisende betoog in Maleisië
2009-08-01 10:43
Kuala Lumpur, Maleisië - Minstens 5 000 ondersteuners van die opposisieparty in Maleisië betoog in dié land se grootste stad teen ‘n wetgewing wat toelaat dat mense aangehou kan word sonder om in die hof te verskyn.
Polisie is reg oor die stad versprei en het reeds baie mense wat van plan was om te betoog, in hegtenis geneem.
Opposisiepartye hoop dit sal die grootse betoging nóg wees, en druk op die regering plaas om die wetgewing nietig te maak.
Volgens die wet kan tronkstraf vir ‘n onbepaalde tydperk, sonder ‘n verhoor, vir mense wat as bedreigings tot die land se veiligheid gesien word, toegedien word.
Regeringsbeamptes het gewaarsku dat die protes nie toegelaat sal word nie, maar betogers is van plan om voort te gaan en sodoende dié wetgewing teen te staan.
-AP