Duikboot help nou seerowery bestry

2010-06-23 08:52
Tweets Share Share line Print

Den Haag – ’n Nederlandse duikboot vertrek binnekort van die vlootbasis Den Helder na die Golf van Aden om seerowery te help bestry.

Só het die Nederlandse dagblad De Volkskrantgister op sy voorblad berig. ’n Verslaggewer van die koerant was aan boord van die amfibiese troepeskip Hr Ms Johan de Witt, wat tans die kus van Somalië patrolleer, waar die uittredende minister van verdediging, Eimert van Middelkoop, dié aankondiging gedoen het.

Die duikboot sal onder die vlag van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) vaar, wat die laaste jare saam met die Verenigde Nasies en die Europese Unie oorlogskepe in die omgewing van Somalië laat patrolleer om seerowery te voorkom. Tans hou Somaliese seerowers 16 vragskepe gyselaar.

Nederland het vier moderne duikbote met sensitiewe luistertoerusting. Die taak van die boot sal wees om onder water te vaar en klandestien inligting oor seerowerskepe in te win, wat dan aan ander oorlogskepe aan die oppervlak deurgegee kan word om die seerowers te onderskep.

Dit word aangevul deur die gebruik van helikopters aan boord van die oppervlakskepe en maritieme patrollievliegtuie.

Dit sal die eerste keer wees dat ’n duikboot teen die Somaliese seerowers gebruik word.

Die minister het ook bekend gemaak dat ’n bykomende Nederlandse fregat, Hr Ms De Zeven Provinciën, pas uit Den Helder vertrek het om die Navo-taakmag by te staan.

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: seerowers

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.