Dubbele aardbewing tref Guatamala
2011-09-19 22:57
Guatamala-stad – 'n Muur in Guatamala-stad het omgetuimel en talle huise beskadig toe 'n dubbele aardbewing 53 km suidoos van die hoofstad getref het.
Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname
(USGS) het ‘n 4.8-aardbewing om 18:00 GMT getref, gevolg deur ‘n 5.8-aardbewing ‘n
halfuur later.
Die skudding is dwarsoor die land gevoel, maar
veral in Guatamala-stad.
Die episentrum van die skudding was 53 km
suidoos van Guatamala-stad.
Die eerste skudding was teen ‘n diepte van 61
km en die tweede teen ‘n diepte van 39 km.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP