Drosters loods aanvalle op Siriese sekuriteitsmagte
2011-11-02 20:05
Damaskus – Vyftien lede van die Siriese sekuriteitsmag is
dood toe drosters van dié mag twee aanvalle in die Hama-provinsie
geloods het.
“’n Groep drosters het ‘n ploftoestel laat ontplof net toe daar ‘n militêre voertuig verbyry.
“Sewe soldate is in die voorval oorlede,” het ‘n
Siriese menseregtegroep, die Syrian Observatory for Human Rights, gesê.
Die aanval het in die Al-Madiq-area van die Hama-provinsie
plaasgevind.
In ‘n ander, soortgelyke aanval is agt
sekuriteitspersoneellede dood toe die drosters ‘n konvooi sekuriteitsagente en pro-regime burgersoldate
op die pad tussen Qaalet al-Madiq en Sqailbiyeh aangeval het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP