Dronkbestuurder trek haarself af
2011-02-09 23:00
Sandusky (Ohio) - Die polisie in Ohio, Amerika, kan nie te veel krediet kry vir ‘n vrou wat vermoedelik onder die invloed bestuur het en van die pad getrek is nie – sy het haarself van die pad getrek.
Beamptes in die dorp Sandusky sê die vrou het van die pad getrek omdat sy gedink het sy sien flitsende polisieligte. Dié ligte was egter bloot op ‘n bordjie van ‘n ysskaatsbaan.
Die Sandusky Register berig die vrou se motor het toe vasgesit in ‘n sneeubank naby dié bordjie. ‘n Ander motoris het toe die polisie gebel.
Volgens die beamptes het hulle die 27-jarige Nicole Scott in hegtenis geneem omdat sy vermoedelik onder die invloed van alkohol bestuur het.
Sy ontken dat sy bestuur het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP