Dronk skaatsplankryer dink hy is 'Hulk'
2012-01-12 11:50
New York – ‘n Professionele skaatsplankryer het verlede week die skilderye van die mure van ‘n hotel in New York afgeruk terwyl hy naak en onder die invloed van alkohol was.
Jereme Rogers (26) het Woensdag gesê hy was nie homself nie – eerder “iets soos Hulk” – verlede week tydens die voorval in die Affinia Shelburne hotel in Manhattan. Hy blameer sy gedrag op alkohol en wat hy gedink het is pille vir ‘n babelaas.
Rogers het skuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Die saak teen hom sal gesluit word sonder enige tronkstraf as hy ‘n boete van $2 850 (sowat R23 000) betaal.
Hy het gesê hy het pille gedrink wat hy by 'n vrou in 'n kroeg gekry het.
Rogers het in 2009 sy loopbaan as skaatsplankryer opgegee om ‘n kletsrymer te word, maar het die jaar daarna weer die sport opgeneem.
Hy reken hy ry skaatsplank nou “beter as ooit tevore.”
Die hotel wou geen kommentaar lewer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP