Dronk pa los kind 25 uur in motor
2010-10-19 12:07
Kalifornië - 'n 23-jarige pa is in hegtenis geneem nadat hy onder die invloed van alkohol sy driejarige seun in 'n motor vergeet het, het die polisie gesê.
Joe Kurihara het Maandag in die hof verskyn en bly in aanhouding.
Kurihara het Saterdagaand 'n troue bygewoon waar hy vermoedelik dronk geword en sy driejarige seun in die nutsvoertuig gesit en weggestap het.
Hy is 'n uur later deur die polisie aangekeer vir dronkenskap in die openbaar in hegtenis geneem.
Teen Sondag het die kind se ma hom en die seun as vermis aangemeld.
Die polisie het aan die ma gesê dat Kurihara in aanhouding is, maar dat hulle nie die seun gesien het nie. Kurihara het later gesê hy het sy seun in die motor gelos, maar hy weet nie waar hy parkeer het nie.
Die kind is later deur inwoners by 'n vulstasie in die motor gevind.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter