Driejarige sterf in Kambodja weens voëlgriep
2013-02-13 12:58
Phnom Penh – ‘n Driejarige meisie van Kambodja het weens voëlgriep gesterf, wat die dodetal in dié land weens die virus op ses te staan gebring het, het die Wêreldgesondheidsorganisasie Woensdag gesê.
Die meisie, van die suidelike Kampot-provinsie, is in ‘n kinderhospitaal in die hoofstad Phnom Penh dood, het die WGO in ‘n gesamentlike verklaring met Kambodja se departement van gesondheid gesê.
Toetse het bevestig dat die sy die H5N1-virus opgedoen het. Die meisie "het ‘n geskiedenis van kontak met pluimvee (in haar dorp) voordat sy siek geword het,” het die verklaring verder gelui.
Mam Bunheng, Kambodja se minister van gesondheid, het in die verklaring gesê H5N1 "bly steeds ‘n ernstige bedreiging vir die gesondheid van Kambodjane, veral kinders”.
Intussen het AP berig dat ‘n 21-jarige vrou in die suidweste van China weens die virus gesterf het.
Volgens die departement van gesondheid in Guiyang het die vrou Woensdag gesterf nadat haar organe ingegee het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP