Drie vas ná ontploffings in Suid-Korea
2011-05-15 11:30
Seoel –Seoel – Drie mans wat daarvan verdink word dat hulle tuisgemaakte plofstof vervaardig het, is in hegtenis geneem, het die polisie in Suid-Korea Sondag gesê.
Die mans is tussen die ouderdomme van 30 en 50 en word daarvan beskuldig dat hulle twee tydbomme met butaangas-kannetjies gemaak en in sluitkaste by 'n treinstasie in Seoel en 'n terminaal in die suide van die hoofstad gesit het.
Die onploffings het 30 minute uit mekaar plaasgevind, maar geen beserings is aangemeld nie en die skade was minimaal.
"Die verdagtes sê nog nie wat hul motiewe is nie... die ondersoek is steeds aan die gang," het 'n polisiebeampte gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP