Drie val na hul dood vanaf balkon
2010-03-08 02:09
Glasgow – Drie mense is dood nadat hulle glo vanaf ‘n balkon op die 15de verdieping van ‘n woonstelgebou geval het.
Volgens die Strathclyde-polisie het hulle Sondagoggend omstreeks 08:40 van die voorval verneem wat by die Red Road-woonstelblok plaasgevind het.
“My vriend het vir my gesê dat drie mense vanaf die balkon gespring het,” het ‘n Irannese man wat in die area woon en anoniem wil bly, gesê.
Sky News Online het berig dat die oorledenes, glo twee mans en ‘n vrou, vanaf die 15de verdieping geval het.
Die saak word steeds ondersoek.
Lees meer hier.