Drie sterf in ontploffing by saagmeule
2010-02-05 22:10
Berlyn – Volgens die plaaslike polisie is drie werkers Vrydag dood in ‘n ontploffing by ‘n saagmeule in die weste van Duitsland.
Volgens Michael Koch, polisiewoordvoerder, het ‘n stoomketel by die saagmeule in Brilon glo ontplof. Die Duitse nuusagentskap DAPD het berig dat owerhede teen Vrydagmiddag steeds besig was om die vlamme op die perseel te blus.
Die presiese oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie.
– Sapa, AP