Drie sterf in VSA-missielaanval
2010-01-01 07:52
Miranshah, Pakistan - Ten minste drie rebelle is Vrydag dood in die tweede Amerikaanse missielaanval in twee dae in Noord-Waziristan, Pakistan, het veiligheidsbeamptes gesê.
Die aanval, wat uitgevoer is deur 'n robotvliegtuig, het om 8:45 plaasgevind in die Ghundikhel-dorpie, 15 km oos van Miranshah, die grootste dorp in Noord-Waziristan, wat grens aan Afganistan.
"'n Amerikaanse robotvliegtuig het twee missiele afgevuur op 'n voertuig, en drie rebelle gedood," het 'n senior veiligheidsbeampte in die gebied aan die nuusagentskap AFP gesê.
'n Ander veiligheidsbeampte het bevestig dat die aanval plaasgevind het.
– Sapa-AFP