Drie soldate sterf in bomontploffing
2009-08-02 12:40
Kaboel, Afghanistan – Drie Amerikaanse soldate is dood nadat ‘n bom ‘n millitêre voertuig getref het en opstandelinge op die voertuig begin skiet het, het dieNoord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) gesê.
In ‘n verklaring van die alliansie is daar gesê dat die soldate gereageer het, maar dat drie in Sondag se geweld dood is.
Julie was die maand met die meeste sterfgevalle van internasionale soldate sedert buitelandse soldate in 2001 die land ingeval het.
Maar Augustus het reeds wreed begin.
Die getal NAVO soldate wat reeds die maand vermoor is staan nou op nege, waarvan ses Amerikaanse soldate was.
In Julie is 74 buitelandse soldate vermoor.
- Sapa