Drie polisiebeamptes in Irak doodgeskiet
2012-01-11 20:55
Bagdad – Drie polisiebeamptes is dood nadat gewapende mans ‘n polisiekantoor in ‘n voormalige rebelle-vesting in die weste van Irak aangeval het, het amptenare gesê.
Die mans is Woensdag dood nadat ‘n skietery tussen hulle en die aanvallers buite ‘n polisiepos in Qaim uitgebreek het, het die polisie en beamptes van ‘n hospitaal gesê.
Die dorp is naby die grens met Sirië, sowat 320 km van Bagdad.
Die amptenare het op die voorwaarde van anonimiteit gepraat, aangesien hulle nie met die media mag praat nie.
Aanvalle op die polisie is gereeld die werk van Al-Kaïda se tak in Irak of ander Sunni-rebelle.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AP