Drie ontploffings ruk Moembaai
2011-07-13 18:09
Moembaai – Minstens 17 mense is dood en meer as 70 is beseer
toe drie ontploffings Indië se besige finansiële hoofstad geruk het.
Die aanval word deur owerhede in Moembaai as ‘n
terreuraanval beskryf.
Een van die ontploffings was in Dadar, ‘n
besige woonbuurt in sentraal-Moembaai.
Die tweede ontploffing was by ‘n bekende juweliersmark en die derde in ‘n sakegebied in die suide van Moembaai.
Die ontploffings het omstreeks sewe-uur die
aand plaasgevind, toe die strate vol mense
was.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP