Drie monnike van moord aangekla
2011-08-26 20:08
Beijing – Drie Boeddhistiese monnike staar ‘n aanklagte
van moord in die gesig ná een van hul geledere homself aan die brand gesteek
het.
Die monnik het homself by die Ngaba Kirti monnikeklooster
in die Sichuan-provinsie aan die brand gesteek in protes teen die Chinese regering.
Volgens die amptelike Chinese nuusagentskap Xinhua sal
die drie monnike volgende week verhoor word.
Twee word daarvan beskuldig dat hulle die
16-jarige Rigzin Phuntsong se protesaksie help beplan en hom in die uitvoering
daarvan bygestaan het.
Die derde monnik word daarvan beskuldig dat hy
vir Phuntsong ná die protesaksie weggesteek en daarvan weerhou het om mediese
behandeling vir sy brandwonde te ontvang.
Phuntsong
het 11 ure nadat hy homself aan die brand gesteek het aan sy wonde
beswyk.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP