Drie dood, twee gewond in aparte aanvalle in Irak
2011-09-26 18:59
Bagdad – Drie mense is in ‘n bomontploffing in Irak dood, terwyl twee staatsamptenare in mislukte sluipmoordpogings gewond is.
Volgens polisiebeampte Sarhat Qadir is ‘n motor
met vier mense in naby die stad Kirkuk, 290 km noord van Bagdad, opgeblaas.
Drie van die insittendes is dood en die
vierde is ernstig beseer.
Terselfdertyd is twee staatsamptenare gewond in
mislukte sluipmoordpogings in Bagdad, het die polisie gesê.
Gewapende mans het Regter Munir Hadad in die
hand geskiet tydens ‘n verbyry-skietery op ‘n snelweg in Bagdad.
In die weste van Bagdad is Mohammed Ali
al-Safi, ‘n hoofamptenaar van die finansiële ministerie, gewond toe gewapende
mans op sy motor losgebrand het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP