Drie dood in granaat-aanval
2010-05-26 11:48
Manila – ‘n Pa en sy twee seuns is in ‘n granaat-ontploffing vermoor in die suiderlike deel van die Filippyne, het ‘n streekspolisiehoof Woensdag gesê.
Die man se vrou en hul twee kinders is in die ontploffing, wat laat Dinsdagaand by hul huis in die Talipao gebied, sowat 1000km suid van Manila plaasgevind het, beseer.
“Die slagoffers was besig om te slaap toe gewapende mans ‘n handgranaat na hul huis geslinger het,” het hoofsupt. Bienvenido Latag gesê.
Ondersoekbeamptes probeer steeds die oorsaak van die aanval bepaal.
- Sapa-dpa
Volg Nuus24 op Twitter.