Drie bemanningslede sterf ná vragskip ontplof
2012-01-15 08:30
Seoel – Drie bemanningslede is dood en agt ander vermis nadat 'n Suid-Koreaanse vragskip ontplof en gesink het.
Ko Jae-young, 'n plaaslike kuswagbeampte, het gesê 11 Suid-Koreane en vyf Mianmese bemanningslede was aan boord die 419 ton skip toe die ontploffing Sondag plaasgevind het. Die oorsaak van die ontploffing is nie bekend nie.
Ko het gesê vyf mense is gered en reddingswerkers probeer om die vermiste bemanningslede op te spoor.
Hy het gesê die skip het gewoonlik chemikalië vervoer, maar was leeg toe dit sink.
– Volg Nuus24 op Twitter