Drie Italiaanse perlgrims sterf in ongeluk
2010-12-24 20:11
Jerusalem – Drie Italiaanse pelgrims is dood en twee ander ernstig beseer toe hul motor Vrydag in die noorde van Israel in ‘n botsing betrokke was, het die polisie en paramedici gesê.
Volgens die polisie is die vyf vroue Italiaanse pelgrims en hulle was glo in Jerusalem om Kersfees te vier.
Twee van die vroue is opslag dood nadat hul motor die pad verlaat en teen ‘n betonmuur vasgery het, het Zaki Heller, woordvoerder van Israel se ambulansdienste gesê.
Twee van die beseerdes is in ‘n kritieke toestand met behulp van ‘n helikopter na ‘n hospitaal geneem terwyl die derde beseerde na ‘n nabygeleë hospitaal geneem was.
Een van die beseerdes is in die hospitaal oorlede terwyl die ander een ‘n operasie ondergaan het, het Heller gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP