Dramatiese Titanic-brief opgeveil
2010-10-08 05:17
Londen – ‘n Brief waarin daar dramaties beskryf word hoe iemand van die sinkende Titanic ontsnap het, gaan in Engeland opgeveil word.
Die dokument is ‘n affidavit wat deur Laura Francatelli geteken is. Sy het vir twee passasiers gewerk wat aan boord die skip was op die dag wat die tragiese ongeluk plaasgevind het.
Francatelli was Heer Cosmo Duff-Gordon en sy vrou, die sosiale vlinder Lucy Duff-Gordon, se persoonlike sekretaresse.
Hulle was gelukkig genoeg om deel van 12 mense te wees om op ‘n roeiboot wat vir 40 mense gemaak is te ontsnap.
Daar word beweer dat Duff-Gordon die bemanning betaal het om hom weg van die skip te kry, sonder om ander mense ook te red.
Die afslaer Andrew Aldridge het Donderdag gesê dat die brief moontlik ussen £10 000 en £15 000 (tussen R110 000 en R165 000) sal oplewer wanneer dit saam met ander Titanic-memorabilia opgeveil gaan word.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP